Hierdie berigte gaan oor jong entrepreneurs in die familie. Hulle vertel ons iets van hul besigheid, maar ook oor hul siening oor hul onderneming. Die bedoeling van hierdie plasings is geensins op bemarking gerig nie, veel eerder het dit ten doel om ander lede van die familie aan te spoor om ook hul doelwit te heroorweeg en waar moontlik aan te pas.
Entrepreneur:
/ˌɒntrəprəˈnɜː(r)/
Iemand wat teen risiko ‘n produk of diens te lewer met die verwagting om dit teen ‘n wins te kan verkoop.
A person who sets up a business, taking on financial risk in the hope of selling products or services at a profit.
Laat weet ons van ander Krige entrepreneurs
Die Entrepreneur moet ‘n gebore Krige wees. Daar is geen beperking op geslag of ouderdom of woonplek nie. Enige koste verbonde aan die plasing word deur die Krige Bond gedra. Daar is geen beperking op hoe lank of wanneer die plasing op die webtuiste sal wees nie.