Berigte
Krige Wynmakers
Reeds vanaf die tweede generasie het die Kriges rondom Stellenbosch wyn gemaak. Hierdie tradisie het veral op die plaas Uiterwyk begin blom. Daarna het Welgevonden daarop voortgebou totdat die vyfde geslag hul seile op verskillende boerderye span en op die golf ry. Die drie plase langs die Eersterivier naamlik Vredelust, Oude Libertas en Libertas Parva het met mening wyn gemaak.
.jpg)
Hierdie twee toekennings van 1873 is simbole van die Kriges se vroeë suksesse. Vader Jacob van Welgevonden vir sy rooiwyn en sy seun Willem Adolph van Vredelust vir sy witwyn.
Mettertyd het die volgende geslagte eerder loopbane buite die landbou gekies en het die wynplase een vir een uit Krige hande gegaan. Vandag is daar egter een uitsondering: Kanonkop waar die twee broers in die agste generasie - Johann en Paul Krige - op voortreflike wyse met die tradisie voortgaan. Van hul suksesse – nasionaal en internasionaal – kan boekdele geskryf word.
Kanonkop is ook die plek waar die Krige-byeenkomste in die Wes-Kaap plaasvind.


Deel dit:
Bydraes & navrae:
Ander Interessanthede
Heimat
Die vraag is al oor baie generasies gevra: Waar kom die Kriges vandaan? Die antwoord was gerieflik breed gestel: uit Duitsland, natuurlik! Eers teen 1972 kon ons ‘n volledige...
Lees verderKrige Fees van 1973
In 1973 was daar in Stellenbosch ‘n landwye saamtrek van alle Kriges in Suid-Afrika.Dit was die eerste – en tot dusver die enigste – nasionale saamtrek wat die Kriges gehou het.
Lees verder