Die Krige Annale: Wat was lekker daarvan?

Om hierdie vraag te beantwoord moet ek terugkyk na ‘n lewenstaak wat oor meer as 50 jaar strek. In so ‘n lang tyd woon jy nie op een plek nie en nog minder word jy deur dieselfde mense omring nie. Jou ideale in die lewe verander saam met jou lewensfases. En tog – hierdie gogga het my gebyt en het gebly.

Genealogie is die kennis van jou familie-geskiedenis en draai basies om name en datums. Saam daarmee loop drie menslike kenmerke:
Om nuuskierig te wees – om te wil weet waar kom iets vandaan.

Om te versamel – om inligting byeen te bring en om dit dan te orden.

Om data te vertolk – om die storie agter die inligting raak te sien en in woorde vas te lê.

Hierdie kenmerke word ingebore en versterk deur mense en omstandighede. 

Wat het ek geniet?

Sekerlik om in 1973 die eerste familieboek Die Krige Familie aan die familie te oorhandig.

Maar na hierdie drie jare van intensiewe navorsing voor 1973 het ek geweet – die stokkie is steeds in my hande. Toe volg die Krige Nuusbriewe wat vandag nog altyd my passie bly, Ek beskik oor baie inligting en my wilskrag om dit aan die familie oor te dra, is steeds daar. Met 127 nuusbriewe agter die rug was die geboorte van Die Krige Annale eintlik ‘n natuurlike proses. 

Onthou net: dis geensins ‘n eenmanstaak nie. Die reaksie van honderde familielede op my skrywes het my telkens aangespoor om verder te gaan. Met die opbou van die Krige Argief en die Krige Museum het ek steeds meer brandstof gekry om met die reis voort te gaan. En nog nader aan my lessenaar was daar ‘n hele paar steunpilare!

Die Krige Annale is die eindproduk van ‘n spanpoging, maar ook die ideaal van een van die Kriges in hierdie land. Ek dra dit ook graag op aan my voorgangers wat elkeen op hul manier ‘n poging aangewend het om ons familieverhaal aan te teken en vir die nageslag na te laat. Ek kan sondermeer aan ses Kriges onder die voorsate dink wat hierdie ideaal gekoester het!

Ander Interessanthede

Troupaartjies

In die amper 300 jaar in Suid-Afrika was daar al amper 3000 huwelike in die Krige-familie. Kom ons kyk na ‘n paar.

Lees verder

Heimat

Die vraag is al oor baie generasies gevra: Waar kom die Kriges vandaan? Die antwoord was gerieflik breed gestel: uit Duitsland, natuurlik! Eers teen 1972 kon ons ‘n volledige...

Lees verder

Hoe lyk die Krige Annale?

Maar kom ons loer na wat agter die buiteblaaie aangaan!

Lees verder