Hiermee die eerste beriggie wat vir die Kriges interessant mag wees.

Vanaf 1976 word ‘n nuusbrief saamgestel, gedruk en aan adresse versprei. Destydse was dit aan ‘n paar honderd Kriges deur die land gepos. Deesdae gebeur dit alles elektronies en aan sowat 350 adresse internasionaal gestuur. Maar daar is nog veral jonger Krige-verwante van wie ons nie weet nie. Dus – ons soek dringend ontbrekende adresse van verwante.

Die Krige familie word in 11 Takke verdeel en die berigte in die nuusbrief probeer om alle takke te dek. Maar hulp van indiwidue bly noodsaaklik. Stuur vir ons enige nuus en veral foto’s sodat ons dit kan oorweeg en plaas!

Voorbeelde van Krige nuusbriewe deur die jare

Statistiek oor die Nuusbrief:

  • Verskyn sedert 1976 = 44 jaar lank!
  • Die jongste nommer = 127 :soveel verskillende uitgawes!
  • Die ooreenstemmende aantal bladsye = 1019  [‘n heel lywige boek oor die familie] 

In die Biblioteek kan al 127 uitgawes afgelaai word.

Ander Interessanthede

Heimat

Die vraag is al oor baie generasies gevra: Waar kom die Kriges vandaan? Die antwoord was gerieflik breed gestel: uit Duitsland, natuurlik! Eers teen 1972 kon ons ‘n volledige...

Lees verder

Krige Fees van 1973

In 1973 was daar in Stellenbosch ‘n landwye saamtrek van alle Kriges in Suid-Afrika.Dit was die eerste – en tot dusver die enigste – nasionale saamtrek wat die Kriges gehou het.

Lees verder

Krige Wynmakers

Reeds vanaf die tweede generasie het die Kriges rondom Stellenbosch wyn gemaak.

Lees verder