Oop oë

Oop oë om nuwe inligting aan die Krige Argief aan te stuur

Oop program

Oop program om familie byeenkomste en funksies by te woon

Oop harte

Oop harte om ook steun aan die Krige projekte te verleen

Stigting en Konstitusie

Die Krige Bond is op 21 Februarie 1976 in Florida aan die Wesrand gestig. Die eerste vergadering is deur 67 volwassenes en ’n onbekende aantal kinders bygewoon. Na deeglike oorweging het hulle die voorgestelde Konstitusie aanvaar en daarna ’n Bestuur verkies asook ’n Raad van Trustees aangewys.

Kliek hier om die Konstitusie oop te maak

Bestuur

Die bestuur van 1976 het uit sewe lede bestaan. Hiervan is slegs Johan Krige - die destydse voorsitter - nog in lewe. Op 31 Januarie 2001 is ’n nuwe bestuur op Kanonkop, Stellenbosch aangewys. Dit bestaan uit Johan as voorsittter en vier jonger lede van die Krige Bond.

Alle besluite en tersaaklike korrespondensie op vergaderings en ander funksies is genotuleer en saamgevoeg in die lywige Notuleboek van die Krige Bond. Die jongste bestuursbesluite is op 31 Januarie 2018 geneem en in die Notuleboek geliasseer.

Lidmaatskap

Volgens die Konstitusie kan die volgende persone lewenslank lede van die Bond word:

  1. Die Krige-gesinshoof – dit sluit sy/haar eggenote en kinders jonger as 18 in.
  2. ’n Persoon ouer as 18 jaar wie se vader of moeder deur geboorte ’n Krige is.
  3. ’n Weduwee Krige – al sou sy ’n tweede huwelik aangaan – en haar nuwe man.

Aansluitingsfooi

Persone jonger as 65 jaar

R500
per persoon, eenmalig

Persone ouer as 65 jaar

R250
per persoon, eenmalig

Sluit aan by die Krige Bond

Elke nuwe lid ontvang ’n sertifikaat asook ’n nommer wat lewenslank behou sal word. Voltooi asseblief die besonderhede hieronder, en ons sal u kontak met verdere reëlings:

Ontvang, dankie.
Iets het skeefgeloop, probeer asseblief weer.