In 1973 was daar in Stellenbosch ‘n landwye saamtrek van alle Kriges in Suid-Afrika. Dit was die eerste – en tot dusver die enigste – nasionale saamtrek wat die Kriges gehou het.

Die idee van daardie Fees het sy wortels in ‘n projek wat oor die voorafgaande drie jaar geloods was om die volledige genealogie van die Krige Familie na te vors en te boek te stel.

Daar is honderde briewe geskryf, duisende kilometers gery en ure lank telefoniese gesprekke met familie gevoer om al die data in te samel. Onthou – dit was lank voor die gerief van die internet bestaan het!

  1. Die Feesprogram strek vanaf die Vrydagoggend tot die Sondagoggend. Dit het ingesluit: Formele samekomste in die Konservatorium-saal en ‘n Braaivleis op Vergenoegd-plaas
  2. Bustoere met toergidse in ses groot busse na ses historiese wynplase in die distrik.
  3. Aandkonsert in die Japie Krige-saal by Paul Roos Gimnasium – toesprake, musiek en spontane vertellinge deur aangetroudenes, bejaardes en jongeres.
  4. Sondagoggend: bywoning van die erediens in Moederkerk en besigtiging van ‘n spesiale Krige-uitstalling in die Stellenbosch Museum langsaan die kerkgebou.
Die 1973-Krige Fees gasteboek.

Verdere opmerkings oor die 1973-Fees: 

  1. Daar was meer as 300 deelnemers uit alle provinsies en selfs uit die buiteland.
  2. Die gedrukte program bevat ‘n besonderse tekening van die opstal van Boschendal wat spesiaal vir die Fees deur die kunstenaar François Krige gemaak is. Die hoof-artikel is weer deur sy broer die skrywer Uys Krige ook spesiaal vir die Feesgeleentheid geskryf.
  3. ‘n Gasteboek is saamgestel waarin elke deelnemer se foto en inskripsie opgeneem is. Hierdie besondere bundel is vandag van onskatbare waarde vir die Krige Familie.

Laaste opmerking:

Tans word daar aan ‘n opvolg hiervan gedink. Twee motiverings vir so ‘n volgende fees:

  • In 2021 sal die Kriges reeds 300 jaar lank in die land wees.
  • Die voltooiing van ‘n nuwe en omvattende familieboek oor die Krige Familie.

Ander Interessanthede

Krige Wynmakers

Reeds vanaf die tweede generasie het die Kriges rondom Stellenbosch wyn gemaak.

Lees verder

Babas oor die generasies

Daar is honderde foto’s, skilderye en tekeninge van Krige babas oor die generasies heen. Kom ons kyk bietjie.

Lees verder

Wat het van die Krige Fees 300 geword?

Nuwe datums in 2022 vir die Krige Fees

Lees verder