Die vraag is al oor baie generasies gevra: Waar kom die Kriges vandaan? Die antwoord was gerieflik breed gestel: uit Duitsland, natuurlik!

Eers teen 1972 kon ons ‘n volledige antwoord gee omdat ons met behulp van Duitse genealoë en historici die regte Heimat persoonlik kon besoek. Daar het ons toe nasate van die familie ontmoet wat steeds daar woonagtig is. Trouens, hulle het ons dadelik as egte familie omhels al is daar reeds ‘n gaping van 300 jaar tussen ons! Hulle het vir ons met liefde die ou plaashuis van 1800 gewys wat op die oorspronklike perseel van die Kryghe-hus staan. Laasgenoemde is die oudste verwysing na ons voorsate wat teruggaan na die jaar 1400! Dis meer as 500 jaar gelede!

Tipiese ou plaas-opstal in die Krige-stamvader se tyd
Tipiese ou plaas-opstal in die stamvader se tyd

Ons besoek die kerkie op Brochterbeck en vind die stamvader se doop-inskrywing daarin.
11 Mei 1698 Henrich Krige, woonagtig in Wesselmanns Leibzucht laat sy seuntjie Wilhelm Adolph doop. [uit Plat-Duits vertaal]

Doopboek met die Krige-stamvader se naam daarin
Doopboek met die stamvader se naam daarin

Op die Krige-webtuiste is daar baie meer besonderhede oor hierdie heimatstreek van die Kriges. Ook in die Krige Nuusbriewe is daar talle berigte oor hierdie Heimat van die Kriges.  Blaai gerus deur die 120+ eksemplare wat in die digitale biblioteek verskyn.

Ander Interessanthede

Stellenbosch Kriges: Die Goue Era

'n Terugblik na die 1800s.

Lees verder

Krige Bond Museum en Argief

In die Krige Argief is daar letterlik duisende briewe – meestal nog destyds met die hand geskryf.

Lees verder

Troupaartjies

In die amper 300 jaar in Suid-Afrika was daar al amper 3000 huwelike in die Krige-familie. Kom ons kyk na ‘n paar.

Lees verder