Alle materiaal wat sedert 1970 versamel is, word in die Krige Museum in Caledon Villa bewaar.

Die versameling behels talle voorwerpe, portrette, skilderye, briewe en dokumente, foto’s en boeke wat oor generasies deel van al die Kriges se geskiedenis  gevorm het.

In die Krige Argief is daar letterlik duisende briewe – meestal nog destyds met die hand geskryf. As ‘n Krige wil sien hoe sy oupa se handskrif lyk, dan is daar wel ‘n kans om dit onder oë te kry!

‘n Belangrike deel van die Argief is die Tak-albums waarvan daar sowat 30 is. Hulle bevat foto’s en spesiale briewe en ander dokumente. Trouens, dit vertel die storie van ‘n tak se Kriges in prentjies!

Tipiese tak-album
Krige Galery

Daar ‘n uitstalling in een van Caledon Villa se kleiner sy-gange aangebring. Dit behels kunswerke van nege Kriges aangevul deur elkeen se verhaal en missie rondom kuns.

Die Krige Galery by Caledon Villa in Stellenbosch.
Kunstenaar Pierre Volschenk en Johan Krige by die borsbeeld van Uys Krige

Ander Interessanthede

Stellenbosch Kriges: Die Goue Era

'n Terugblik na die 1800s.

Lees verder

Krige Nuusbriewe

Vanaf 1976 word ‘n nuusbrief saamgestel, gedruk en aan adresse versprei. Destydse was dit aan ‘n paar honderd Kriges deur die land gepos...

Lees verder

Hoe lyk die Krige Annale?

Maar kom ons loer na wat agter die buiteblaaie aangaan!

Lees verder