'n Kunstenaarsvoorstelling van die skip, Het Vaderland Getrouw

Dit is vandag presies 299 jaar gelede dat die skip Het Vaderland getrouw in Tafelbaai anker uitgooi.

En wat gebeur toe?

Een van die soldate aan boord klim saam met ander bemanningslede in ’n roeibootjie en beweeg al skommelend land se kant toe. En as die bootjie op die sandbank loop en hulle klim uit, drafstap die soldaat deur die vlak water tot op die land. Hy gaan staan op sy twee bene stewig in die sand, kyk na die skip wat ‘n ent vandaar op die deining wieg en gooi dan sy hande in die lug. Ek het aangekom!

En wie is dié soldaat?

Sy naam is Wilhelm Adolph Kriege – die stamvader van al die Kriges in Suid-Afrika. Hy het pas ‘n maandelange reis vanuit Duitsland voltooi. As hy daar op die strand staan en hom verwonder aan die nuwe landskap, het hy geen idee wat van hom gaan word nie. 

Baie jare later sou sy nageslag die meeste antwoorde hê op sy vrae oor sy toekoms.

Wat beteken vandag se datum vir ons – sy nageslag?

Dit is tyd dat ons begin dink aan ‘n paslike viering van die 300 jaar! Ons het oorgenoeg rede om met dankbaarheid hierdie geleentheid te vier.

Waar en Wanneer en Hoe?

Laat hoor van julle – enigeen kan ‘n voorstel maak of opinie lug!

- Johan Krige: johan.krige@caledonvilla.co.za

Ander Interessanthede

Historiese Opstalle

Meeste Kriges kan hul herkoms aan ‘n plaas koppel. Kom ons begin by die oudste van hierdie ses plase.

Lees verder

Krige Wynmakers

Reeds vanaf die tweede generasie het die Kriges rondom Stellenbosch wyn gemaak.

Lees verder

Grafkelder en Krige Familie

In die outyd het welaf families grafkelders laat oprig. Die strukture is hoofsaaklik ondergronds, maar die Kriges van Uiterwyk het een stap verder gegaan.

Lees verder