Genealogie is die deftige woord vir alles wat verband hou met ‘n familie se stamregister. In SA begin so ‘n register by die stamvader – die persoon wat die land binne gekom het.

By kerk- en staatsargiewe is dis meestal moontlik om die tweede en derde generasies uit die ou dokumente uit te pluis en onder mekaar in ‘n stamboom saam te stel. Daar volg natuurlik verdere generasies en mettertyd kom die lewende generasies ook in die prentjie. Dit is nie buitegewoon om vandag so ‘n stamregister tot by generasie 10 na te vors en daarvan ‘n register te maak nie!

Nou wat maak ‘n mens met sulke inligting? Baie van die vroeëre geslagte is deur die RGN van Pretoria georden en in ‘n reeks van 17 lywige bundels saamgestel. Hierdie oranje-geel reeks met die titel : SA Geslagsregisters is oor die periode 1986 tot 2008 gepubliseer. Sommige families het egter verder gegaan en hul eie volledige familieboeke saamgestel. So het die Kriges in 1973 hul eie familieboek onder die titel Die Krige Familie gepubliseer. Die navorser en skrywer hiervan was Johan Krige. Hy woon sedert 1992 in Caledon Villa in Stellenbosch – ‘n ou familiehuis in die historiese deel van Stellenbosch.

Caledon Villa is ook die tuiste van die Krige Museum, die Krige Galery en ook die Krige Argief. Nadat Johan in 1973 sy Krige-navorsing afgehandel het, het hy ‘n baie breëer betrokkenheid by Genealogie ontwikkel en was jare lank die Nasionale Sekretaris van die Genealogiese Genootskap. Hy het dus publikasies en inligting oor talle ander SA families. 

“Tydens die Krige Fees van 1973 is die volledige Krige stamboom in ’n driehoekige formaat geteken”

Tydens die Krige Fees van 1973 is die volledige Krige stamboom in ’n driehoekige formaat geteken en teen die muur vasgemaak. Die totale lengte daarvan was 6 meter en het heelwat belangstelling van die deelnemers aan die Fees uitgelok.

Daar is ook genealoë wat ‘n ander uitdaging aanvaar het. Hulle het ‘n egpaar geneem en dan die vier ouers opgeskryf, gevolg deur 8 grootouers, gevolg deur 16 oor-grootouers, gevolg deur 32 en 64. Dié inligting word dan sirkelvormig gerangskik – elke verdere generasie word konsentries uitgebeeld. ‘n Voorbeeld hiervan word hier getoon. Die betrokke egpaar is Isie Krige en haar man Jan Smuts. Sy is van die Libertas Parva-Tak wat aanvanklik in Dorpstraat in Stellenbosch gewoon het.

Lees meer oor die Krige Herkoms.

Ander Interessanthede

Familiewapen

Tydens my omswerwinge in die 1970’s onder die breër Krige familie in SA het ek ‘n paar verskillende voorstellings van ons familiewapen gesien. Die mees algemene een was...

Lees verder

Krige Wynmakers

Reeds vanaf die tweede generasie het die Kriges rondom Stellenbosch wyn gemaak.

Lees verder

Die Krige Annale: Waarvan Praat Ons?

'n Nuwe boek oor die Kriges in Suid-Afrika.

Lees verder