KRIGE BOND | Familie Webtuiste

KRIGE BOND | Familie Webtuiste

Verspreiding PDF Afdruk E-pos

Vanuit Europa sou net een Krige na SA kom. Maar ander vangenote het na Nederland en die VSA uitgewyk. Ander het weer ooswaarts beweeg en selfs in Rusland anker uitgegooi. Maar daar het ook altyd Krieges agter gebly. Met vele van hierdie buitelandse takke het die Krige-Bond opnuut kontak gemaak.
 
Die twee seuns van die stamvader het beide rondom Stellenbosch plase gekoop en hulle in die gemeenskap bevestig. Vanuit hierdie geweste sou hul nasate weer verhuis – eers na die Paarl en Piketberg en teen 1845 reeds noord van die Oranjerivier. Vandag is daar Kriges dwarsoor die RSA verspreid en talle het reeds weer geemigreer na lande soos Australië, New Zealand en terug na Europa.
 
Na raming woon daar vandag Kriges in veral die volgende lande * :

Duitsland [500] Nederland [250] VSA [2000] en die RSA [3000]
* Hierdie syfers is blote skattings en opgedateerde statistiek – sou dit beskikbaar gemaak kon word – sal verwelkom word!  
 
 

Rudolph_en_Fred_Kriege_by_die_nuwe_huis_Sudenfeld_Duitsland
Rudolph Kriege (Eienaar van Kriege Hof)
en Amerikaanse besoeker Fred Kriege

Mari_en_John_Fred_Kriege_Louis_Kriege_La_Verne_en_Olin_Kriege_op_John_Fred_se_58ste_verjaarsdag_Julie_1993_Iowa_stad_VSA
Mari en John Fred Kriege, Louis Kriege,
La Verne en Olin Kriege (VSA)